Home
Up
OMGEWING
 
Weens sy unieke ligging, ongeveer 30 minute vanaf die Kaapstadse Internasionale Lughawe, bied Stellenbosch die ideale basis van waar die Kaapse Skiereiland en die Bolandse Wynland verken kan word. Vanaf Stellenbosch kan die volgende bestemmings en besienswaardighede met gemak besoek word (almal binne 1 uur per motor):
 
- Kaapstad (met Tafelberg, die Waterfront, die Kasteel en Robbeneiland.....)
- Kaapse Skiereiland (met Muizenberg, Vishoek, Simonstad met sy pikkewyne, Kaap Punt, Kaap van Goeie Hoop, Kommetjie, Houtbaai, Chapman's Piek, Llandudno, Kampsbaai, Clifton, Seepunt...)
- Interessante Winkelsentrums soos Somerset Mall, Tygervallei en Canal Walk
- Historiese en aantreklike dorpe soos Paarl, Wellington, Franschhoek, Strand, Gordon's Baai...
- Die wynroetes van Stellenbosch, Paarl en Franschhoek.
 
- of selfs verder weg, soos Worcester, Montagu, Robertson, Hermanus, en Kleinmond, met 'n gerieflike terugkeer vir 'n skemerwandeling in die sprokiesagtige atmosfeer van Stellenbosch.