Home
Up
KAMERS
 
Ons kamers is ruim en almal is toegerus met en-suite badkamers met 'n stort, toilet en wasbak. 
 
Ons soliede beddens is voorsien van hoë gehalte matrasse en is as enkel- of dubbelbed beskikbaar.
 
 
Alvera is ideaal vir families of  vriende wat saam reis. Die ruim kombuis van ons familie- eenheid is ten volle toegerus en die atmosfeer nooi gaste om gesellig te verkeer terwyl etes voorberei word. Die snoesige sitkamer is ook ideaal vir 'n skemerkelkie of om lekker te ontspan met interessante leesstof wat voorsien word. Die sitkamer is ook toegerus met 'n TV.
 
Vir paartjie of enkel persone wat meer privaatheid verkies, beveel ons ons selfsorg kamers aan. Elke kamer het 'n private ingang met stoep en is toegerus met  'n mikrogolf oond, yskas en ketel met breekware en eetgery. Elke kamer beskik ook oor 'n TV.
 
Vir gaste wat verkies om bederf te word, voorsien ons ontbyt in die vorm van 'n piekniekmandjie, gevul met allerlei lekkernye.
 
Braai fasiliteite is beskikbaar op aanvraag.